Ou Testament

Nuwe Testament

1 Yoganan 4:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Julle, vir wie ons lief is, vertrou nie elke gees nie, maar onderskei die geeste of hulle vanuit God is, want baie vals profete het uitgegaan die wêreld in.

2. Hieraan word die Gees van God geken: elke gees wat erken dat Yeshua, Die Gesalfde Een, in die vlees gekom het, is vanuit God

3. en elke gees wat nie erken dat Yeshua, Die Gesalfde Een, in die vlees gekom het nie, is nie vanuit God nie, maar dit is die gees van die vals gesalfde, waarvan julle gehoor het dat hy kom en van nou af in die wêreld is.

4. Julle is kinders vanuit God en het hulle oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

5. Hulle is vanuit die wêreld; daarom praat hulle vanuit die wêreld en die wêreld gehoorsaam hulle.

6. Ons is vanuit God. Hy wat God ken, luister na ons en gehoorsaam ons. Hy wat nie vanuit God is nie, luister nie na ons nie en gehoorsaam ons nie. Hierdeur onderskei ons die Gees van waarheid en die gees van misleiding.

7. Julle vir wie ons lief is, laat ons mekaar liefhê, want liefde is vanuit God en elkeen wat lief het, is vanuit God gebore en ken God

8. omdat God liefde is en elkeen wat nie liefhet nie, ken God nie.Yog 3:16

Lees volledige hoofstuk 1 Yoganan 4