Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timotheos 6:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. maar jy, o man van God, ontsnap vanuit hierdie dinge en hardloop na onpartydige opregtheid, na regverdigheid, na vertroue, na liefde, na volhardende geduld en na nederige sagtheid.

12. Veg in die goeie geveg van vertroue en gryp na die ewige lewe; die dinge waartoe jy ook geroep is en ’n goeie erkenning wat jy erken het voor baie getuies.

13. Ek getuig teenoor jou voor God, wat aan alle dinge lewe gee en voor Yeshua, Die Gesalfde Een, wat voor Pontios Pilatos die goeie getuienis getuig het,

14. dat jy die opdragte onbevlek en onberispelik uitvoer tot by die openbaring van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een;Deut 10:17

15. Hy wat op Sy eie bepaalde tyd deur God openbaar sal word: die Geseënde Een, die Magtige Een, die Enigste Een, die Koning van die konings en die Meester van krag,Eks 33:18-23 Hom aan Wie eer en outoriteit vir ’n tydlose ewigheid behoort. Dit is waar!

16. Hy wat alleen onsterflik is en in ’n ontoeganklike lig bly, wat geen mens gesien het of kan sien nie;

17. Beveel die wat in dié wêreld ryk is om nie trots te wees nie en om ook nie hulle vertroue te plaas op die onsekerheid van rykdom nie, maar op die lewende God wat aan ons alles ryklik gee vir ons vertroosting en versterking

18. en hulle moet goeie dade doen en ryk wees in goeie dade, gereed wees om te gee en te deel

19. en hulle sal vir hulleself ’n goeie fondasie lê vir die toekoms sodat hulle die ware lewe mag aangryp.

20. O! Timotheos, bewaar wat aan jou toevertrou is en ontvlug van die dogters met die leë stemme (onafgesonderde en nuttelose gepraat) en van die verdraaiings van valse kennis,

21. want die wat dit verkondig het, het self van die vertroue af weggedwaal. Onverdiende guns bly by jou! Dit is waar!

Lees volledige hoofstuk 1 Timotheos 6