Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timotheos 4:5-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. want dit word afgesonder deur die boodskap van God en gebed.

6. As jy hierdie dinge aan die broers voorhou, sal jy ’n goeie bedienaar van Yeshua, Die Gesalfde Een wees, soos jy grootgemaak is met boodskappe van vertroue en met goeie leringe wat aan jou geleer is.

7. Bly weg van ouvroustories en oefen jouself in onpartydige opregtheid,

8. want liggaamlike oefening is vir nou ’n bietjie voordelig, maar onpartydige opregtheid is voordelig vir alles en dit het ’n belofte van lewe, vir nou en vir die tyd wat kom.

9. Dit is ’n vertrouenswaardige boodskap en waardig om aanvaar te word.

10. As gevolg hiervan werk ons ook hard en word ons verwyt omdat ons ’n versekerde verwagting het op die lewende God wat die Lewegewer is van alle mense, spesiļ¬ek van dié wat vertrou.

11. Beveel en leer hierdie dinge.

12. Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ’n voorbeeld vir die wat vertrou: in boodskap, in optrede, in liefde, in vertroue en in reinheid.

13. Totdat ek kom, wees ywerig in lees, in gebed en in lering.

Lees volledige hoofstuk 1 Timotheos 4