Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timotheos 3:2-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. ’n Oudste moet: onberispelik wees, die man van een vrou, van waaksame verstand, nugter, met goeie optrede, gasvry, ’n leermeester;

3. nie oortree aangaande wyn nie, nie vinnig om te slaan nie, maar sag; nie twissoekerig of lief vir geld nie;

4. wat sy eie huis goed regeer en sy kinders in gehoorsaamheid hou in alle reinheid,

5. want as iemand nie weet hoe om sy eie huis te regeer nie, hoe kan hy die gemeente van God lei?Deut 17:20; Yes 14:13-14; Yeg 28:1-19

6. Hy moet ook nie ’n nuwe studentevolgeling wees nie sodat hy nie trots word en in dieselfde oordeel as die teëstander val nie,

7. maar hy moet ook ’n goeie getuienis hê vanaf buitestaanders sodat hy nie in skande en in die strik van die teëstander val nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Timotheos 3