Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timotheos 2:4-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. wat wil hê dat alle mense lewe sal hêDeut 6:4 en die Middelaar tussen God en die mense, die Mens, Yeshua, Die Gesalfde Een, is Een.

5. want God is Een

6. Hy wat Homself gegee het as ’n Losprys vir elke persoon; ’n Getuienis wat op die bepaalde tyd gekom het,

7. waarvan ek aangestel is as verkondiger en afgevaardigde; ek praat die waarheid, ek lieg nie, dat ek die leermeester van die ander nasies is in vertroue van die waarheid.Yes 1:15

8. Ek wil daarom hê dat die mans op elke plek moet bid en afgesonderde, rein hande oplig sonder woede en komplotte.

9. So ook moet die vroue hulleself versier met fatsoenlike, kuis klere. In skugterheid en fatsoenlikheid sal hulle versiering wees, nie in vlegsels of goud of pêrels of in mooi klere nie,

Lees volledige hoofstuk 1 Timotheos 2