Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timotheos 1:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. van die goeie boodskap van die eer, lof en aanbidding tot die geseënde God, waarmee ek toevertrou is, teëstaan.

12. Ek dank Hom wat my in staat gestel het, ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, wat my vertrouenswaardig geag en in Sy bediening aangestel het;

13. vir my wat vroeër ’n kwaadprater, ’n vervolger en ’n belediger was, maar ek het omgee ontvang omdat ek in ongeloof nie verstaan het wat ek doen nie,

14. maar in my was die onverdiende guns van ons Meester oorvloedig saam met vertroue en liefde wat in Yeshua, Die Gesalfde Een, is.

15. Dit is ’n vertrouenswaardige boodskap en waardig om aanvaar te word, dat Yeshua, Die Gesalfde Een, na die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die voorste is,Yog 16:13

16. maar daarom is aan my omgee bewys sodat Yeshua, Die Gesalfde Een, eerstens in my al die langdurige geduld van Sy Gees sou wys, as voorbeeld vir hulle wat in Hom sal vertrou tot die ewige lewe.

17. Aan die Koning van die uitspansel, aan Hom wat onvernietigbaar is en nie gesien word nie, Wat Een God is, kom toe die waardigheid, die eer, lof en aanbidding vir tydlose ewigheid. Dit is waar!

18. Hierdie mandaat gee ek aan jou, my kind Timotheos, volgens die profesieë wat vroeër aangaande jou gebring is sodat jy daardeur die goeie geveg kan baklei

Lees volledige hoofstuk 1 Timotheos 1