Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timotheos 1:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sha’ul, ’n afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, volgens die opdrag van God, ons Lewegewer en dié van Die Gesalfde Een, ons Meester, Yeshua, ons Versekerde Verwagting;

2. aan Timotheos, ’n ware seun in vertroue: onverdiende guns, omgee, vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vanaf God-ons-Vader en Die Gesalfde Een, Yeshua, ons Meester!

3. Soos ek jou gevra het toe ek na Makedonia op pad was, moet jy in Efesos wag om sekere persone te beveel dat hulle nie ’n ander leer moet leer nie

4. en nie moet toegee aan fabels en aan eindelose verslae van geslagsregisters, wat net al hoe meer stryd produseer en nie opbouing in die vertroue tot God nie.

5. Die einddoel van die opdragte is liefde wat uit ’n rein verstand, wil en emosie, ’n goeie gewete en ware vertroue kom.

6. Sommige van hulle het afgedwaal van hierdie dinge af en na leë woorde toe weggedraai.

7. Daarin wil hulle leraars van die geskrewe wet wees terwyl hulle niks verstaan wat hulle sê, of die dinge waaroor hulle praat, nie.Yes 42:21; Ps 19:8,9; Rom 7:12,16 as iemand toelaat om volgens die geskrewe wet gelei te word

8. Ons weet dat die geskrewe wet goed is

9. en terwyl hy weet dat die geskrewe wet nie aangestel is vir die onskuldige nie, maar vir die wettelose, vir die rebelse, vir die slegte, vir die sondaars, vir die wrede mense, vir dié wat nie rein is nie, vir die wat hulle vaders en hulle moeders slaan, vir moordenaars,Lev 18:22,23; Lev 20:13; Rom 1:26; 1 Kor 6:9 vir diewe van kinders wat vry is, vir leuenaars, vir hulle wat ’n eed verbreek en vir enige een wat die gesonde leer

10. vir seksuele oortreders, vir mans wat by mans lê,

Lees volledige hoofstuk 1 Timotheos 1