Ou Testament

Nuwe Testament

1 Thessalonisense 5:4-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. maar julle, broers, is nie in die duister nie sodat dié dag julle nie soos ’n dief sou oorval nie.

5. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag en julle is nie kinders van die nag en ook nie kinders van die duisternis nie.Efe 5:14

6. Laat ons daarom nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waaksaam en nugter wees,

7. want die wat slaap, slaap in die nag en die wat dronk is, is in die nag dronk,Yes 59:17

8. maar ons wat van die kinders van die dag is, laat ons waaksaam in ons gedagtes wees; trek voortdurend die borsplaat van vertroue en liefde aan en die helm van die versekerde verwagting van lewe,

9. want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die lewe te verkry in ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een;

10. Hy wat in ons plek gesterf het sodat ons, of ons lewe en of ons doodgaan, in eenheid met Hom kan lewe.

11. As gevolg hiervan, versterk en vertroos mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

12. Ons smeek julle broers, erken díe onder julle wat hard werk, julle voorgangers in ons Meester is en julle leer

13. en beskou hulle, wat onder julle werk, in groter liefde, met die hoogste agting. Leef in vrede met hulle,

14. maar ons smeek julle, broers, korrigeer dié wat verkeerd doen, moedig die wat swak van gees is aan, dra die laste van die swakkes en wees geduldig teenoor almal.

15. Pas op dat niemand aan ’n ander boosheid terugbetaal vir boosheid nie, maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar asook teenoor almal.

16. Verbly julle altyd.

Lees volledige hoofstuk 1 Thessalonisense 5