hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Thessalonisense 5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Aangaande die tye en seisoene, my broers, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie,`Am 5:18-20; Tz’f 1:7,14 net soos ’n dief in die nag.Mar 13:35; 2 Kef 3:10; Open 3:3

2. want julle weet self goed dat die dag van יהוה komYes 13:6-8 en hulle sal nie ontsnap nie,

3. Wanneer hulle sal sê: “Daar is vrede en stilte,” dan sal ’n onverwagte vernietiging op hulle afkom soos geboortepyne op ’n swanger vrou

4. maar julle, broers, is nie in die duister nie sodat dié dag julle nie soos ’n dief sou oorval nie.

5. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag en julle is nie kinders van die nag en ook nie kinders van die duisternis nie.Efe 5:14

6. Laat ons daarom nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waaksaam en nugter wees,

7. want die wat slaap, slaap in die nag en die wat dronk is, is in die nag dronk,Yes 59:17

8. maar ons wat van die kinders van die dag is, laat ons waaksaam in ons gedagtes wees; trek voortdurend die borsplaat van vertroue en liefde aan en die helm van die versekerde verwagting van lewe,

9. want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die lewe te verkry in ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een;

10. Hy wat in ons plek gesterf het sodat ons, of ons lewe en of ons doodgaan, in eenheid met Hom kan lewe.

11. As gevolg hiervan, versterk en vertroos mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

12. Ons smeek julle broers, erken díe onder julle wat hard werk, julle voorgangers in ons Meester is en julle leer

13. en beskou hulle, wat onder julle werk, in groter liefde, met die hoogste agting. Leef in vrede met hulle,

14. maar ons smeek julle, broers, korrigeer dié wat verkeerd doen, moedig die wat swak van gees is aan, dra die laste van die swakkes en wees geduldig teenoor almal.

15. Pas op dat niemand aan ’n ander boosheid terugbetaal vir boosheid nie, maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar asook teenoor almal.

16. Verbly julle altyd.

17. Bid sonder ophou.

18. Gee dank in alles, want dit is die wil van God, in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een, in julle.

19. Blus die Gees nie uit nie.

20. Verwerp nie profesieë nie.

21. Ondersoek alle dinge en hou vas wat uitstekend is.

22. Vlug weg van elke ding wat boos is

23. en Hy, die God van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid, sal julle almal volkome afsonder en julle volkome, (gees, verstand, wil, emosie en liggaam) geheel en al foutloos beskerm tot by die koms van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

24. Hy wat julle geroep het, is vertrouenswaardig; dit is Hy wat dit sal doen.

25. My broers, bid vir ons.

26. Groet al ons broers met ’n afgesonderde soen.

27. Ek bind julle deur ’n belofte in ons Meester dat hierdie brief aan al die afgesonderde broers gelees sal word.

28. Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een bly by julle! Dit is waar.