Ou Testament

Nuwe Testament

1 Thessalonisense 5:13-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. en beskou hulle, wat onder julle werk, in groter liefde, met die hoogste agting. Leef in vrede met hulle,

14. maar ons smeek julle, broers, korrigeer dié wat verkeerd doen, moedig die wat swak van gees is aan, dra die laste van die swakkes en wees geduldig teenoor almal.

15. Pas op dat niemand aan ’n ander boosheid terugbetaal vir boosheid nie, maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar asook teenoor almal.

16. Verbly julle altyd.

17. Bid sonder ophou.

18. Gee dank in alles, want dit is die wil van God, in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een, in julle.

19. Blus die Gees nie uit nie.

20. Verwerp nie profesieë nie.

21. Ondersoek alle dinge en hou vas wat uitstekend is.

22. Vlug weg van elke ding wat boos is

23. en Hy, die God van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid, sal julle almal volkome afsonder en julle volkome, (gees, verstand, wil, emosie en liggaam) geheel en al foutloos beskerm tot by die koms van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

24. Hy wat julle geroep het, is vertrouenswaardig; dit is Hy wat dit sal doen.

25. My broers, bid vir ons.

26. Groet al ons broers met ’n afgesonderde soen.

27. Ek bind julle deur ’n belofte in ons Meester dat hierdie brief aan al die afgesonderde broers gelees sal word.

Lees volledige hoofstuk 1 Thessalonisense 5