Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 9:7-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Wie baklei in ’n oorlog op eie koste? Wie plant ’n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas ’n kudde op en gebruik nie van die melk van die kudde nie?

8. Sê ek dit miskien menslikerwys? Let op, die geskrewe wet sê ook hierdie dinge,Deut 25:4 Is dit oor osse wat God besorg is?

9. want in die geskrewe wet van Moshe is geskryf: “Jy mag nie ’n os wat besig is om te dors, muilband nie.”

10. Dit word verstaan dat Hy dit vir ons onthalwe sê en dit vir ons geskryf is omdat hy wat ploeg, met versekerde verwagting moet ploeg en hy wat dors, met versekerde verwagting vir ’n oes.

11. As ons geestelik by julle gesaai het, is dit dan ’n groot ding as ons die fisiese vanaf julle sal oes?

12. As ander outoriteit oor julle het, is dit nie te meer gepas vir ons nie? Ons het nie hierdie outoriteit gebruik nie, maar alles verdra om nie ’n hindernis te wees vir die goeie boodskap van Die Gesalfde Een nie.

13. Weet julle nie dat dié wat in die afgesonderde tempel werk, vanuit die afgesonderde tempel voorsien word nie en dat die wat by die altaar bedien, met die altaar deel nie?

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 9