Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 9:5-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Is dit nie reg vir ons om ’n suster as vrou met ons saam te vat op reis, soos die ander afgevaardigdes, die broers van ons Meester en Kefa, nie?

6. Of is dit net ek en Bar-Nabba wat nie die outoriteit het om nie hande-arbeid te doen nie?

7. Wie baklei in ’n oorlog op eie koste? Wie plant ’n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas ’n kudde op en gebruik nie van die melk van die kudde nie?

8. Sê ek dit miskien menslikerwys? Let op, die geskrewe wet sê ook hierdie dinge,Deut 25:4 Is dit oor osse wat God besorg is?

9. want in die geskrewe wet van Moshe is geskryf: “Jy mag nie ’n os wat besig is om te dors, muilband nie.”

10. Dit word verstaan dat Hy dit vir ons onthalwe sê en dit vir ons geskryf is omdat hy wat ploeg, met versekerde verwagting moet ploeg en hy wat dors, met versekerde verwagting vir ’n oes.

11. As ons geestelik by julle gesaai het, is dit dan ’n groot ding as ons die fisiese vanaf julle sal oes?

12. As ander outoriteit oor julle het, is dit nie te meer gepas vir ons nie? Ons het nie hierdie outoriteit gebruik nie, maar alles verdra om nie ’n hindernis te wees vir die goeie boodskap van Die Gesalfde Een nie.

13. Weet julle nie dat dié wat in die afgesonderde tempel werk, vanuit die afgesonderde tempel voorsien word nie en dat die wat by die altaar bedien, met die altaar deel nie?

14. Op die manier het ons Meester ook beveel dat die wat die goeie boodskap verkondig, vanuit die goeie boodskap moet lewe,

15. maar ék is nie gewoond aan een van díe dinge nie en ek skryf ook nie met die doel dat dit vir my gedoen word nie, want dit sou vir my beter wees om dood te gaan as dat iemand my eer en lof tot niks sou maak nie,

16. want as ek ook die goeie boodskap verkondig, is dit vir my geen roem nie, want die dringendheid is op my gelê en wee my as ek die goeie boodskap nie verkondig nie!

17. As ek dit vrywillig doen, het ek loon, maar as ek dit onwillig doen, is ’n verantwoordelikheid aan my toevertrou.

18. Watter loon het ek daardeur? Dat as ek die goeie boodskap verkondig, ek die goeie boodskap van Die Gesalfde Een kosteloos bring en nie my outoriteit in die goeie boodskap gebruik nie,

19. want alhoewel ek vry is van alles, het ek my ’n slaaf van almal gemaak om baie te wen.

20. Ek was by die Jode, as ’n Jood, om die Jode te wen; by die wat onder die geskrewe wet is, soos een wat onder die geskrewe wet is, om die wat onder die geskrewe wet is, te wen.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 9