Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 5:5-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. sodat die gees gered kan word in die dag van ons Meester Yeshua.

6. Julle grootpratery is nie goed nie. Weet julle nie? “Dit neem ’n klein bietjie suurdeeg om die hele baksel deeg te fermenteer.”

7. Gooi die ou suurdeeg uit sodat julle ’n nuwe stuk deeg kan wees, soos wat julle eintlik ongesuurd is, want ons Pesaglam, Die Gesalfde Een, is vir ons geslag.Eks 12:14,24 nie met die ou suurdeeg of met suurdeeg wat in boosheid of bitterheid is nie, maar met die ongesuurdheid van reinheid en afgesonderdheid.

8. As gevolg hiervan, laat ons dan die fees hou,

9. Ek het vir julle in ’n brief geskryf om nie met seksueel immorele mense te meng nie;

10. dit beteken nie die seksueel immorele mense van hierdie wêreld of die gierigaards of skelms of afgodedienaars nie, want dan sou julle uit die wêreld uit moes gaan,

11. maar dít het ek aan julle geskryf: om nie te meng met iemand wat ’n broer genoem word en dan ’n seksueel immorele mens is of ’n gierigaard of ’n afgodsdienaar of ’n kwaadprater of ’n dronkaard of ’n skelm is nie. Met so iemand moet julle selfs nie saam brood eet nie,

12. want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel die wat binne is,Deut 13:6-8; Deut 17:7,12; Deut 19:19; Deut 21:21; Deut 24:7 Verwyder die bose een onder julle uit.

13. maar die wat buite is, word deur God geoordeel.2 Kro 19:5-11

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 5