Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 5:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Seksuele immoraliteit onder julle word, in kort, gerapporteer en seksuele immoraliteit van so ’n aard as wat selfs onder die ander nasies nie genoem word nie: dat iemand die vrou van sy vader gevat het.

2. Julle is trots en moet eerder treur sodat hy, wat hierdie daad gedoen het, van tussen julle uit verwyder word,

3. want ek self, liggaamlik afwesig, maar in die gees teenwoordig, het hom wat so iets gedoen het, alreeds geoordeel, asof ek teenwoordig was.

4. Wanneer julle vergader en my gees saam met julle, in die Outoriteit en Karakter van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, lewer so iemand aan die teëstander oor tot vernietiging van die menslike natuur in die krag van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een

5. sodat die gees gered kan word in die dag van ons Meester Yeshua.

6. Julle grootpratery is nie goed nie. Weet julle nie? “Dit neem ’n klein bietjie suurdeeg om die hele baksel deeg te fermenteer.”

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 5