Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 3:7-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. So is hy wat plant of hy wat natmaak dus niks nie, maar God wat laat groei.

8. Hy wat plant en hy wat natmaak, is egter dieselfde, maar elkeen sal sy loon volgens sy arbeid ontvang,

9. want ons is medewerkers van God en julle is die oes van God, die gebou van God.

10. Vanuit die onverdiende guns van God wat aan my gegee is, het ek soos ’n wyse argitek die fondament gelê en ’n ander bou daarop, maar elkeen moet oplet hóe hy daarop bou,

11. want niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie - dit is Yeshua, Die Gesalfde Een.

12. As enige iemand op dié fondament bou met goud, silwer, kosbare stene, hout, gras of stoppels -

13. elkeen se dade sal aan die lig kom, want die dag sal dit uitwys omdat dit deur vuur openbaar gemaak word en die vuur sal elkeen se werk toets.

14. Die een wie se dade, wat hy daarop gebou het, bly staan, sal sy beloning kry.

15. As iemand se dade verbrand word, sal hy skade ly; hy self sal ontsnap, maar soos deur vuur heen.

16. Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en dat die Gees van God in julle bly nie?Heb 3:6

17. Wie ook al die tempel van God vernietig, hom sal God vernietig, want die tempel van God is afgesonderd en dít is julle.

18. Laat niemand homself mislei nie: as iemand dink dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word sodat hy wys kan wees,Iyov 5:13

19. want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God, want daar is geskrywe: “Hy vang die wyse mense in hulle eie slimmigheid”Ps 94:11

20. en ook: “יהוה ken die redenasies van die wyses, dat dit leeg is.”

21. Laat niemand daarom op mense roem nie, want alles behoort aan julle;

22. of dit Sha’ul is of Apollos of Kefa of die wêreld of lewe of dood of wat ís, of wat nog sal wees; alles behoort aan julle,

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 3