Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 3:5-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Wie is Sha’ul dan en wie Apollos, anders as dienaars deur wie julle vertrou het en elkeen soos wat יהוה aan hom gegee het.

6. Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.

7. So is hy wat plant of hy wat natmaak dus niks nie, maar God wat laat groei.

8. Hy wat plant en hy wat natmaak, is egter dieselfde, maar elkeen sal sy loon volgens sy arbeid ontvang,

9. want ons is medewerkers van God en julle is die oes van God, die gebou van God.

10. Vanuit die onverdiende guns van God wat aan my gegee is, het ek soos ’n wyse argitek die fondament gelê en ’n ander bou daarop, maar elkeen moet oplet hóe hy daarop bou,

11. want niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie - dit is Yeshua, Die Gesalfde Een.

12. As enige iemand op dié fondament bou met goud, silwer, kosbare stene, hout, gras of stoppels -

13. elkeen se dade sal aan die lig kom, want die dag sal dit uitwys omdat dit deur vuur openbaar gemaak word en die vuur sal elkeen se werk toets.

14. Die een wie se dade, wat hy daarop gebou het, bly staan, sal sy beloning kry.

15. As iemand se dade verbrand word, sal hy skade ly; hy self sal ontsnap, maar soos deur vuur heen.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 3