Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 16:11-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Laat niemand hom dan minag nie, maar vergesel hom in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid sodat hy na my toe kan kom, want ek, saam met die broers, wag vir hom.

12. Met betrekking tot die broer Apollos: ek het hom baie keer gevra om saam met die broers na julle toe te gaan en hy het sonder twyfel nie die begeerte gehad om nou te gaan nie, maar hy sal gaan wanneer hy tyd het.

13. Wees waaksaam, staan in vertroue, wees dapper, wees sterk,

14. doen alles in liefde.

15. Broers, julle weet dat die huisgesin van Stefanas die eersteling vrug van Agaia is en dat hulle hulself tot diens van die afgesonderdes gemaak het; daarom vra ek julle

16. dat julle ook gehoorsaam moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saam met hulle werk en arbei.

17. Ek verbly my omdat Stefanas, Fortounatos en Agaikos hier aangekom het aangesien hulle opgemaak het vir my gemis aan julle,

18. want hulle het my gees verkwik soos ook julle s’n. Erken daarvolgens sulke manne.

19. Al die gemeentes van Asië groet julle. Akulas en Priskilla, saam met die gemeente wat in hulle huis is, stuur vir julle baie groete in ons Meester.

20. Al die broers groet julle. Groet mekaar met ’n afgesonderde soen.

21. Sha’ul se groete, met my eie hand:

22. Wie ook al nie ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, liefhet nie, laat hom vervloek wees! Ons Meester kom!

23. Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, is by julle!

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 16