Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 15:42-58 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

42. So is ook die lewe vir díe wat sterf: gesaai wat kan vergaan, opgewek wat nie kan vergaan nie;

43. gesaai in oneer, opgewek in eer en lof; gesaai in swakheid, opgewek in krag;

44. gesaai in ’n natuurlike liggaam, opgewek in ’n geestelike liggaam. Daar bestaan ’n natuurlike liggaam en daar bestaan ’n geestelike liggaam.Gen 2:7 die laaste ‘Adam’, ’n Lewegewende Gees.

45. So is daar ook geskryf: die eerste mens, Adam, was ’n lewende gees;

46. Die geestelike is nie eerste nie, maar die natuurlike, daarna die geestelike.

47. Die eerste mens was stof vanuit die grond, die tweede Mens, יהוה vanaf die hemel.

48. Soos die man van stof was, so is ook dié vanuit stof en soos die hemelse Man is, so is ook dié hemelse

49. en net soos ons die beeld van die stoflike een gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse Een dra,

50. maar dit sê ek, broers, dat dit nie moontlik is vir vlees en bloed om die Koninkryk van God te beërwe nie; ook beërwe dit wat vergaan nie dit wat nie kan vergaan nie.

51. Let op, Ek vertel vir julle ’n geheim: nie almal van ons sal doodgaan nie, maar ons sal almal verander word,

52. skielik, soos die knip van ’n oog, by die laaste ramshoring, wanneer dit sal blaas en die dooies onverganklik opgewek sal word en ons verander sal word,

53. want dit wat kan vergaan moet aangetrek word met wat nie kan vergaan nie en dit wat kan doodgaan moet aangetrek word met wat nie kan doodgaan nieYes 25:8

54. en wanneer dit wat vergaan aangetrek is met wat nie vergaan nie en dit wat doodgaan met wat nie kan doodgaan nie, dan sal die boodskap wat geskryf is, vervul word: “Die dood is ingesluk in die oorwinning.”Hos 13:14; Open 1:18

55. “Dood, waar is jou angel? Sh’ol, waar is jou oorwinning?”

56. Die angel van die dood is die sonde en die krag van die sonde is die geskrewe wet,

57. maar dank God, wat ons die oorwinning gee deur ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.

58. Van nou af, my broers, vir wie ek lief is, wees standvastig; moenie geskud word nie, maar wees altyd oorvloedig in die werk van יהוה omdat julle weet dat julle werk in יהוה nie tevergeefs is nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 15