Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 14:3-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Hy wat profeteer, praat egter woorde van opbouing, aanmoediging en vertroosting tot mense.

4. Hy wat in ’n taal praat, bou homself op, maar hy wat profeteer, bou die gemeente op.

5. Ek wens dat julle almal in tale mag praat, maar meer nog dat julle profeteer, want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale praat, of anders moet hy dit vertaal. As hy vertaal, word die gemeente opgebou.

6. Nou, my broers, as ek na julle toe kom en in tale praat, tot watter voordeel sal ek vir julle wees as ek nie met julle praat òf deur ’n openbaring, òf deur kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie?

7. Selfs vir lewelose dinge wat ’n klank gee, ’n fluit of ’n harp, as hulle nie ’n verskil in note maak nie, hoe sal ’n mens weet wat op die fluit of harp gespeel word?

8. Ook, as die ramshoring ’n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die geveg?

9. Net so ook julle, as julle woorde in tale praat en dit nie vertaal nie, hoe sal ’n mens enige iets weet wat jy sê? Julle sal wees soos een wat in die lug praat.

10. Let op, daar is baie soorte tale in die wêreld en geeneen daarvan is sonder klank nie.

11. As ek nie die betekenis van die taal ken nie, is ek vir die een wat praat ’n vreemdeling en die een wat praat sal vir my ’n vreemdeling wees.

12. Terwyl julle ’n ywer het na die gawes van die Gees moet julle net so oorvloediglik soek na dit wat die gemeente sal opbou.

13. Laat hom wat in tale praat, bid dat hy dit kan vertaal,

14. want as ek in tale bid, dan bid my gees, maar my verstand is vrugteloos.

15. Wat sal ek daarom doen? Ek sal bid met my gees en ek sal ook bid met my verstand. Ek sal sing met my gees en ek sal ook sing met my verstand.

16. Anders, as jy met die gees ’n seën uitspreek, hoe sal hy wat nog onkundig is, ‘Dit is waar’ sê op jou seën, aangesien hy nie verstaan wat jy sê nie,

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 14