Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 14:19-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand praat om ook ander te leer, as tien duisend woorde in tale.`Am 5:15; Rom 16:19

20. My broers, moenie kinders in julle verstaansvermoë wees nie, maar wees babas tot boosheid en wees ten volle volwasse in julle verstaansvermoë.Deut 28:49; Yes 28:11-12

21. In die wet is geskryf: “Ek sal deur vreemde spraak en deur ’n ander taal met hierdie mense praat en dan sal hulle ook nie na My luister nie,” sê יהוה:”

22. Dus is tale vasgestel, nie as ’n teken vir dié wat vertrou nie, maar vir die ongelowiges, maar profesie is nie vir die ongelowiges nie, maar vir dié wat vertrou;

23. daarom, as die hele gemeente bymekaarkom en hulle sou almal in tale praat en die oningeligtes of ongelowiges kom in, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig geword het nie?

24. As almal van julle sal profeteer en daar ’n ongelowige of ’n oningeligte inkom, dan word hy deur almal ondersoek en deur almal aangespreek

25. en die geheime van sy denke, wil en emosie word openbaar en dan sal hy op sy gesig neerval, God aanbid en sê dat God werklik in julle is.

26. Ek sê daarom my broers, dat wanneer julle bymekaarkom, wie van julle ook al ’n gedig met musiek het, laat hom praat, of wie ook al ’n lering of ’n taal of ’n openbaring of ’n vertaling het, laat alles wees tot opbouing.

27. As mense in ’n taal praat, laat dit dan wees twee of hoogstens drie; laat elkeen praat en laat een vertaal,

28. maar as daar geen vertaler is nie, laat hy wat in ’n taal praat in die gemeente stilbly en laat hy net met homself en met God praat.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 14