Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 13:3-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. As ek alles wat ek het vir die armes gee en as ek my liggaam oorgee om verbrand te word en ek het nie liefde in my nie, dan is dit vir my geen voordeel nie.

4. Liefde is geduldig en sag. Liefde is nie jaloers nie. Liefde word nie omvergewerp nie, is nie opgeblase nie,

5. doen nie wat skandelik is nie, soek ook nie sy eie belange nie, word ook nie gou opgewerk nie, hou hom ook nie op met die bose nie,

6. verheug hom nie in die bose nie, maar verheug hom in die waarheid;

7. hou in alles uit, vertrou alles, het ’n versekerde verwagting in alles, verdra alles.

8. Liefde faal nooit nie; profesieë sal ophou, tale sal stilgemaak word en kennis sal niks wees nie,

9. want ons ken ’n bietjie van baie en ons profeteer ’n bietjie van baie,

10. maar as die volmaaktheid gekom het, dan sal wat gedeeltelik is, niks wees nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 13