Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 12:8-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Daar word aan hom, deur die Gees, ’n boodskap van wysheid gegee, maar aan ’n ander ’n boodskap van kennis, in hom, deur die Gees;

9. aan ’n ander vertroue in hom deur die Gees, aan ’n ander die gawe van gesondmaking in hom deur die Gees,

10. maar aan ’n ander wonderwerke, aan ’n ander profesie, aan ’n ander onderskeiding van geeste, aan ’n ander verskillende tale en aan ’n ander die vertaling van tale.

11. Al hierdie dinge doen die een Gees en deel uit aan elkeen soos Hy wil,

12. want net soos die liggaam een is en baie ledemate het, maar al die dele van die liggaam, al is hulle baie, een liggaam is; so ook met Die Gesalfde Een,

13. want ons is ook almal deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Arameërs, slawe of vrymanne is en ons is almal van een Gees gegee om te drink,

14. want ook die liggaam is nie een ledemaat nie, maar baie.

15. As die voet sou sê: ‘Omdat ek nie die hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie’, is hy daarom nie deel van die liggaam nie?

16. As die oor sou sê:’ Omdat ek nie die oog is nie, is ek nie deel van die liggaam nie’, is hy daarom nie deel van die liggaam nie?

17. As die hele liggaam ’n oog was, waar sou die gehoor wees? As alles gehoor was, waar sou die reuk wees?

18. Nou het God egter elkeen van die ledemate in die liggaam gesit, net soos Hy wil.

19. As almal een ledemaat was, waar sou die liggaam wees?

20. Nou is daar egter baie ledemate, maar net een liggaam.

21. Die oog kan nie vir die hand sê: ‘Ek het jou nie nodig nie;’ of ook die kop vir die voete: ‘Ek het julle nie nodig nie,’

22. maar veel eerder is dié ledemate van die liggaam, wat as swak beskou word, noodsaaklik

23. en dié ledemate van die liggaam wat ons dink skandelik is, gee ons oorvloediger waarde en die minder mooi, oorvloediger elegansie

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 12