Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 12:19-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. As almal een ledemaat was, waar sou die liggaam wees?

20. Nou is daar egter baie ledemate, maar net een liggaam.

21. Die oog kan nie vir die hand sê: ‘Ek het jou nie nodig nie;’ of ook die kop vir die voete: ‘Ek het julle nie nodig nie,’

22. maar veel eerder is dié ledemate van die liggaam, wat as swak beskou word, noodsaaklik

23. en dié ledemate van die liggaam wat ons dink skandelik is, gee ons oorvloediger waarde en die minder mooi, oorvloediger elegansie

24. terwyl ons mooi gevormde ledemate dit nie nodig het nie, maar God het die liggaam saamgestel en aan die ledemaat wat klein is oorvloediger waarde gegee

25. sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die ledemate dieselfde vir mekaar mag omgee.

26. Nou, as een ledemaat ly, sal almal die pyn deel en as een ledemaat hom verheug, verheug al die ledemate hulle saam,

27. maar julle is die liggaam van Die Gesalfde Een en ledemate op julle plekke.

28. God het in Sy gemeente geplaas: eerstens afgevaardigdes, na hulle profete, na hulle leermeesters, na hulle werkers van wonderwerke, na hulle gawes van gesondmaking, helpers, leiers en verskillende tale.

29. Is almal van hulle afgevaardigdes? Is almal van hulle profete? Is almal van hulle leermeesters? Is almal van hulle werkers van wonderwerke?

30. Het almal van hulle die gawes van gesondmaking? Praat almal van hulle in tale? Vertaal almal van hulle?

31. As julle ywerig is na die groter gawes sal ek vir julle ’n beter manier wys:

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 12