Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 11:26-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. want elke keer as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, onthou julle die dood van ons Meester totdat Hy kom.

27. Wie, daarom, van die brood van יהוה eet en van Sy beker drink en nie daaraan waardig is nie, is skuldig aan die liggaam en die bloed van יהוה:

28. Laat elkeen sy verstand, wil en emosie as gevolg hiervan ondersoek en dan van die brood eet en uit die beker drink,

29. want wie ook al eet en drink terwyl hy onwaardig is, eet en drink ’n oordeel oor homself, as hy die liggaam van יהוה nie erken nie.

30. As gevolg hiervan is daar baie onder julle wat siek en sieklik is en baie sterf,

31. want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie,

32. maar as ons geoordeel word deur ons Meester, word ons ernstig gestraf sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.

33. Van nou af, my broers, as julle bymekaarkom om te eet, wag vir mekaar

34. en as iemand honger het, laat hom by die huis eet sodat julle nie tot ’n oordeel bymekaarkom nie. Aangaande die ander sake sal ek opdragte gee wanneer ek kom.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 11