Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 10:7-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. en ook nie dienaars van afgode moet wees soos sommige van hulle was nie; soos geskrywe is: “Die mense het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel.”

8. Laat ons ook nie seksueel immoreel wees soos sommige van hulle seksueel immoreel was en daar op een dag drie en twintig duisend geval het nie.Num 21:4-6

9. Laat ons nie ook Die Gesalfde Een toets soos sommige van hulle Hom getoets het en slange hulle vernietig het nie.Eks 12:23; Num 17:6-13

10. Ons moet ook nie kla soos sommige van hulle gekla het en deur die vernietiger vernietig is nie.

11. Al hierdie dinge het gebeur as voorbeeld vir ons en is opgeskryf as ’n waarskuwing aan ons, want die einde van die wêreld het by ons aangekom.

12. Van nou af, elkeen wat dink dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

13. Geen versoeking het na julle toe gekom behalwe van ’n mens nie, maar God is vertrouenswaardig, wat nie sal toelaat dat julle bo julle vermoë getoets word nie, maar Hy sal vir julle versoeking ook ’n uitkoms gee sodat julle dit sal kan verdra.

14. Om hierdie rede, julle vir wie ek lief is, vlug weg van die diens aan afgode.

15. Ek praat soos met intelligente mense; beoordeel self wat ek sê:

16. Die beker van danksegging wat ons oor bid, is dit nie deelname aan die Teenwoordigheid van die bloed van Die Gesalfde Een nie? Die brood wat ons breek, is dit nie deelname aan die Teenwoordigheid van die liggaam van Die Gesalfde Een nie?

17. Net soos dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons deel almal aan die een brood.

18. Let op na die fisiese Yisra’el: het hulle wat die offers eet, nie deel aan die altaar nie?

19. Wat sê ek dus? Dat ’n afgod enige iets is, of dat ’n afgodsoffer enige iets is? Nee!

20. Dit wat die mense offer, offer hulle aan demone en nie aan God nie en ek wil nie hê dat julle deel moet kry aan demone nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 10