Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 1:22-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Omdat die Jode ’n teken vra en die Arameërs wysheid soek,

23. verkondig ons Die Gesalfde Een wat gekruisig is, ’n verleentheid vir die Jode en dwaasheid vir die Arameërs,

24. maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Arameërs, is Hy Die Gesalfde Een, die Krag en Wysheid van God,

25. want wat dwaas is by God, is wyser as die mens en wat swak is by God, is sterker as die mens.

26. Kyk na julle eie roeping, my broers: nie baie onder julle is wys na die vlees nie; nie baie onder julle is sterk nie; nie baie onder julle is uit ’n hoë familie nie,

27. maar wat dwaas is by die wêreld, het God gekies om die wyse te beskaam en wat swak is by die wêreld, het God gekies om die wat sterk is, te beskaam

28. en wat van ’n lae stand is by die wêreld en verag is, het God gekies en wat niks is nie, om wat iets is, waardeloos te maak

29. sodat niemand voor Hom sou roem nie.

30. Vanuit Hom is julle in eenheid met Die Gesalfde Een, Yeshua, wat vir ons die Wysheid van God, Onpartydige Opregtheid, Afsondering en Verlossing geword hetYir 9:22-24; Ps 34:3

31. sodat, net soos geskrywe is: “Die wat roem, moet in יהוה roem.”

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 1