Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 1:15-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. sodat niemand kan sê dat ek in my outoriteit en karakter gedoop het nie.

16. [Ek het ook nog die huisgesin van Estefana gedoop.] Verder weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie,

17. want Die Gesalfde Een het my nie gestuur om te doop nie, maar om die goeie boodskap te verkondig, nie met wysheid van woorde nie sodat die kruis van Die Gesalfde Een nie verwerp mag word nie,

18. want die boodskap van die kruis is dwaasheid vir die wat besig is om vernietig te word, maar vir ons wat lewe het, is dit die krag van God,Yes 29:14

19. want daar is geskrywe: “Ek sal die wysheid van die wyses vernietig en die opinies van die slimmes wegvat.”

20. Waar is die wyse? Waar is die leraar van die wet? Waar is die debatteerder van hierdie wêreld? Let op, het God nie die wysheid van hierdie wêreld as dwaas bewys nie?

21. Aangesien God deur Sy wysheid bepaal het dat die wêreld God nie sal ken deur sy eie wysheid nie, het God dit goedgedink om deur die dwaasheid van die verkondiging, aan die wat vertrou, lewe te gee.

22. Omdat die Jode ’n teken vra en die Arameërs wysheid soek,

23. verkondig ons Die Gesalfde Een wat gekruisig is, ’n verleentheid vir die Jode en dwaasheid vir die Arameërs,

24. maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Arameërs, is Hy Die Gesalfde Een, die Krag en Wysheid van God,

25. want wat dwaas is by God, is wyser as die mens en wat swak is by God, is sterker as die mens.

26. Kyk na julle eie roeping, my broers: nie baie onder julle is wys na die vlees nie; nie baie onder julle is sterk nie; nie baie onder julle is uit ’n hoë familie nie,

27. maar wat dwaas is by die wêreld, het God gekies om die wyse te beskaam en wat swak is by die wêreld, het God gekies om die wat sterk is, te beskaam

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 1