Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 1:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sha’ul, geroepe en ’n afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, in die wil van God en die broer Sosthenes,

2. aan die gemeente van God wat in Korinthos is, geroepe en afgesonderd; wat in Yeshua, Die Gesalfde Een, afgesonder is, saam met almal wat die Outoriteit en Karakter van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, in elke plek aanroep, hulle Meester sowel as ons s’n:

3. onverdiende guns vir julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van God, ons Vader en ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een!

4. Ek dank my God elke keer namens julle vir die onverdiende guns van God wat vir julle in Die Gesalfde Een, Yeshua, gegee word,

5. want in alle opsigte is julle in Hom verryk, in elke onderwerp en in alle kennis,

6. net soos die getuienis aangaande Die Gesalfde Een bevestig is in julle,

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 1