Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kefa 1:6-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Lewens waarin julle jul vir ewig sal verheug, alhoewel julle, vir ’n kort tydjie, moeg gemaak word deur allerhande versoekings wat skielik oor julle kom

7. sodat die egtheid van julle vertroue, wat baie kosbaarder is as fyn goud, wat vergaan, maar deur vuur gesuiwer word, gewys mag word as prysenswaardig, kosbaar en tot eer, lof en grootheid by die openbaring van Yeshua, Die Gesalfde Een;

8. Hy vir Wie julle nie gesien het nie en Hom liefhet en deur Sy vertroue julle verbly met ’n heerlike blydskap wat nie uitgespreek word nie

9. sodat julle die einddoel van julle vertroue, die redding van julle gees, kan ontvang.

10. Die profete wat geprofeteer het aangaande hierdie lewens, het hierdie onverdiende guns wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors.

11. Hulle het ondersoek na watter tyd of geleentheid die Gees van Die Gesalfde Een, wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyding wat oor Die Gesalfde Een sou kom en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid daarna.

12. Aan hulle is openbaar sodat hulle nie hulleself nie, maar vir ons bedien het deur dié dinge wat nou aangekondig is deur dié wat die goeie nuus aan julle verkondig het in die Gees van Afsondering, wat vanaf die hemel gestuur is; hierdie dinge waarin ook die engele begeer om in te sien.Yes 11:5; Efe 6:14 wees volkome waaksaam en verwag die onverdiende guns wat julle deel word by die openbaring van Yeshua, Die Gesalfde Een,

13. Bind daarom die heupe van julle verstand vas,

14. soos gehoorsame kinders en moenie weer deel kry aan julle vorige begeertes wat julle sonder kennis begeer het nie,

15. maar wees afgesonderdes in al julle lewenswyses, soos wat Hy wat julle geroep het, afgesonderd isLev 11:44,45; Lev 19:2; Lev 20:7,26 “Wees afgesonderd, soos Ek afgesonderd is.”

Lees volledige hoofstuk 1 Kefa 1