Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kefa 1:13-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Bind daarom die heupe van julle verstand vas,

14. soos gehoorsame kinders en moenie weer deel kry aan julle vorige begeertes wat julle sonder kennis begeer het nie,

15. maar wees afgesonderdes in al julle lewenswyses, soos wat Hy wat julle geroep het, afgesonderd isLev 11:44,45; Lev 19:2; Lev 20:7,26 “Wees afgesonderd, soos Ek afgesonderd is.”

16. omdat daar geskrywe is:

17. As julle jul op Hom as Vader beroep, wat onpartydig oordeel volgens elkeen se dade, leef dan in respekvolle vrees gedurende dié tyd wat julle vreemdelinge isYes 52:3

18. omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle leë dade wat tradisioneel deur die vaders oorgedra is nie,

19. maar deur die kosbare bloed van die Lam, waarin geen gebrek of vlek is nie, wat Die Gesalfde Een is,

20. wat wel voor die tyd hiervoor aangestel is, voor die vorming van die wêreld, maar in hierdie laaste tye openbaar is, om julle ontwil.

Lees volledige hoofstuk 1 Kefa 1