Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 7:17-23 Die Boodskap (DB)

17. Boonop het sy die bed met lekkerruikgoed bestrooi. Daar is geen uitkomkans nie. Hy moes gaan kyk.

18. In die kamer kyk hy angstig rond. Dalk is haar man daar. Sy stel hom egter gerus: “Moenie bang wees nie.

19. My man is nie hier nie.

20. Hy is ver weg op ’n sakereis en sal nie gou terugkom nie.”

21. Hulle praat nog so, toe sy dit reguit sê: “Kom ons neem ons kans waar en slaap saam. Ons kan mekaar se liggame geniet, mekaar liefhê. En daar is geen haas nie. Ons kan tot vroegoggend aanhou.”

22. Die jongman het toegegee. Sy het hom oortuig. Haar stroperige woorde het hom verlei. Sonder om ’n oomblik verder te dink, doen hy wat sy sê. Dit is verskriklik. Hy is soos ’n bees wat slagpale toe loop, soos ’n voëltjie wat oopoë in ’n lokval instap.

23. Hy kom nie agter dat sy lewe op die spel is nie. Soos die ringe om haar voet word hy stadig maar seker vasgeketting. Soos ’n koeël iemand se liggaam deurboor, so sal hierdie vrou sy lewe vernietig.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 7