Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 17:22-28 Die Boodskap (DB)

22. Vreugde en geluk is goed vir jou gesondheid. Depressie kan jou knak.

23. ’n Slinkse mens kan maklik omgekoop word. Hy sal selfs die waarheid vir ’n paar rand verdraai.

24. Die gelowige wil graag reg leef. Hy soek heeltyd na wysheid. ’n Dwaas stel net in oppervlakkighede belang.

25. ’n Ongelowige kind is vir sy ouers ’n groot hartseer. Partykeer is hy ook ’n groot verleentheid vir hulle.

26. Dit is sleg as onskuldige mense ly, as gerespekteerde mense onbillik behandel word.

27. Wie let op wat hy sê, verstaan wat wysheid is. Wie sy humeur in toom hou, ken die regte lewenstyl.

28. Selfs ’n dwaas tree reg op wanneer hy sy praatlus bedwing. As hy geheime kan hou, is hy slim.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 17