Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 14:5-20 Die Boodskap (DB)

5. ’n Betroubare mens se woord kan jy glo. Glibberige mense blaker leuens uit.

6. ’n Dom mens soek tevergeefs na wysheid. Hy weet nie eens waar om te begin nie. ’n Gelowige weet hoe om gelukkig te leef. Hy weet waar om wysheid te vind.

7. Bly uit ’n dwaas se pad. Hy weet nie hoe om reg te leef nie. Luister eerder na iemand wat die lewe ken.

8. Iemand is wys wanneer hy die lewe wil verstaan. Dwases het geen wysheid nie. Hulle leefstyl wys hoe dom hulle is.

9. ’n Ongelowige voel oor niks skuldig nie. ’n Gelowige geniet God se guns.

10. Elke mens het sy eie swaarkry. Niemand weet daarvan nie. Vreemdes weet ook nie wat hom bly maak nie.

11-12. Op die oog af kan iemand baie suksesvol wees. Maar uiteindelik eindig alles in ellende.

13. Selfs in iemand se lag word pyn gehoor. Blydskap kan ook in smart verander.

14. ’n Slegte mens word aan die gang gehou deur sy slegte woorde en dade. ’n Gelowige pluk die vrug van die regte manier van lewe.

15. ’n Dom mens weet nie wat reg of verkeerd is nie. Hy glo sommer enige ding. ’n Gelowige toets alles wat hy hoor. Hy let ook fyn op sy manier van lewe.

16. ’n Gelowige let noukeurig op sy gedrag. Hy bly weg van verkeerde dinge af. ’n Dwaas gooi maklik alles waarin hy glo oorboord.

17. ’n Humeurige mens doen en sê die verkeerdste dinge. ’n Glibberige mens en sy slinkse plannetjies word gehaat.

18. ’n Mens wat nie weet hoe om reg te leef nie, se lewe is leeg. Lewenswysheid maak jou gelukkig.

19. Slegte mense sal nog eendag die gelowiges se leefwyse bewonder. Hulle sal die gelowige se insig in die lewe begeer.

20. ’n Arme se bure wil niks met hom te doen hê nie. Baie mense wil graag vriende van die rykes wees.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 14