hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 14 Die Boodskap (DB)

Domheid wys!

1. ’n Mooi lewe kan deur dom optrede vernietig word. Dis soos Wysheid wat ’n mooi huis met moeite bou. Dan kom Dwaasheid en breek dit af.

2. Wie wys leef, het die Here reg lief. Mense wat heeltyd die verkeerde dinge doen, het Hom verwerp.

3. ’n Kletskous praat maklik sy mond verby. Sy woorde bring hom tot ’n val. ’n Wyse is versigtig met sy woorde. Dit hou hom uit die moeilikheid.

4. Sonder diere is jy arm. Met min diere kan jy al ’n lewe maak.

5. ’n Betroubare mens se woord kan jy glo. Glibberige mense blaker leuens uit.

6. ’n Dom mens soek tevergeefs na wysheid. Hy weet nie eens waar om te begin nie. ’n Gelowige weet hoe om gelukkig te leef. Hy weet waar om wysheid te vind.

7. Bly uit ’n dwaas se pad. Hy weet nie hoe om reg te leef nie. Luister eerder na iemand wat die lewe ken.

8. Iemand is wys wanneer hy die lewe wil verstaan. Dwases het geen wysheid nie. Hulle leefstyl wys hoe dom hulle is.

9. ’n Ongelowige voel oor niks skuldig nie. ’n Gelowige geniet God se guns.

10. Elke mens het sy eie swaarkry. Niemand weet daarvan nie. Vreemdes weet ook nie wat hom bly maak nie.

11-12. Op die oog af kan iemand baie suksesvol wees. Maar uiteindelik eindig alles in ellende.

13. Selfs in iemand se lag word pyn gehoor. Blydskap kan ook in smart verander.

14. ’n Slegte mens word aan die gang gehou deur sy slegte woorde en dade. ’n Gelowige pluk die vrug van die regte manier van lewe.

15. ’n Dom mens weet nie wat reg of verkeerd is nie. Hy glo sommer enige ding. ’n Gelowige toets alles wat hy hoor. Hy let ook fyn op sy manier van lewe.

16. ’n Gelowige let noukeurig op sy gedrag. Hy bly weg van verkeerde dinge af. ’n Dwaas gooi maklik alles waarin hy glo oorboord.

17. ’n Humeurige mens doen en sê die verkeerdste dinge. ’n Glibberige mens en sy slinkse plannetjies word gehaat.

18. ’n Mens wat nie weet hoe om reg te leef nie, se lewe is leeg. Lewenswysheid maak jou gelukkig.

19. Slegte mense sal nog eendag die gelowiges se leefwyse bewonder. Hulle sal die gelowige se insig in die lewe begeer.

20. ’n Arme se bure wil niks met hom te doen hê nie. Baie mense wil graag vriende van die rykes wees.

21. ’n Sondaar is iemand wat sy naaste sleg behandel. Iemand wat vir die armes goed is, ervaar onbeskryflike geluk.

22. Wie net slegte dinge dink, raak naderhand die pad heeltemal byster. Diegene wat net goeie dinge wil doen, ontvang baie liefde en ondersteuning.

Wysheid gee vrede

23. Harde werk het sy voordele. Praatjies bring jou nie ver nie.

24. Blydskap en voorspoed is die kroon op die regte manier van lewe. Domkoppe se manier van leef bring net droefheid en teëspoed.

25. ’n Betroubare getuie kan mense uit groot moeilikheid help. ’n Liegmond verwoes lewens.

26. Wie die Here liefhet, voel veilig. Selfs sy eie kinders word beskerm.

27. Die Here se liefde is soos ’n borrelende fontein. Dit maak van jou ’n sprankelende mens. Dit beskerm jou teen angs en spanning.

28. ’n Leier se krag lê in sy ondersteuners. Sonder ondersteuners beteken hy niks nie.

29. Iemand wat reg leef, is geduldig. ’n Vinnige humeur rig oneindige skade aan.

30. Kalmte en vrede is baie goed vir jou gesondheid. Slegte drange en luste is soos ’n vernietigende siekte.

31. Wie die arme se nood miskyk, beledig die Here. Wie lief en goed is vir ander, eer Hom.

32. Goddeloses leef en sterf sonder hoop. Gelowiges is tot die dood toe veilig in die Here.

33. ’n Gelowige koester wysheid. Dommes dink nie eens daaraan hoe om reg te leef nie.

34. ’n Mooi lewe maak jou gesin, jou familie en jou volk gelukkig. Verkeerde dinge bring hulle in verleentheid.

35. ’n Werkgewer beloon sy werknemer vir goeie diens. Afskeepwerk en bedrog lei tot afdanking en armoede.