Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 13:9-15 Die Boodskap (DB)

9. ’n Gelowige se vreugde skyn soos ’n helder lig wat almal kan sien. Ongelowiges se bietjie blydskap verdwyn in die sand. Dit is soos ’n lamp wat al hoe dowwer brand.

10. Mense wat altyd beter weet, beland maklik in rusies. Gelowiges luister graag na ander en neem hulle standpunte in ag.

11. Kitsrykdom sonder harde werk hou nie lank nie. Wie bietjie vir bietjie spaar, word ryk.

12. Drome wat nie waar word nie, bring hartseer. ’n Wens wat waar word, maak die lewe die moeite werd.

13. Wie die Here se woord verwerp, vernietig homself. Wie dit sy eie maak, is ’n gelukkige mens.

14. Mense wat die lewe ken, kan jou baie leer. Hulle lewenswysheid is ’n onuitputlike bron van kennis. Wie dit sy eie maak, word baie ellende gespaar.

15. Lewenswysheid maak dat almal van jou hou. Ongelowiges gaan onder.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 13