Ou Testament

Nuwe Testament

Sefanja 3:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Slegte tye wag vir Jerusalem. Die mense van die stad is opstandig. Hulle is sleg en misbruik hulle eie mense. Hulle is nie vry mense nie.

2. Hulle luister nie na die Here nie en wil nie reggehelp word as hulle verkeerd doen nie. Hulle vertrou nie die Here nie en dien Hom ook nie.

3. Die amptenare in die stad behandel gewone mense sleg en buit hulle uit. Die regters tree onregverdig op en is gulsig. Hulle kyk net heeltyd wat hulle uit ander mense kan kry en dink net aan hulleself.

Lees volledige hoofstuk Sefanja 3