Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 7:9-14 Die Boodskap (DB)

9. Die Here is sterker as alles en almal! Hy sê: “In hofsake moet julle eerlik en regverdig met mense wees. Wees lief vir mekaar en werk mooi met mekaar.

10. Moenie weduwees en kinders sonder ’n ma en pa sleg behandel nie. Julle moet natuurlik ook nie mense wat nie van Israel af kom nie en arm mense sleg behandel nie. Moenie planne maak om mekaar kwaad aan te doen nie.”

11. Julle voorouers wou nie na die Here luister nie. Hulle het gemaak of hulle nie hoor wat die Here sê nie.

12. Hulle hart was so hard soos klip. Die Here het lank gelede al profete gebruik om sy boodskappers te wees.

13. Hy het hulle deur sy Gees laat verstaan wat hulle vir sy volk moes sê. Maar niks wat die Here gesê het, het enige indruk op hulle gemaak nie. Dit het soos water van ’n eend se rug af gerol. Dit is hoekom die Here so kwaad vir hulle is. Die Here sê: “Omdat hulle nie na My wou luister toe Ek met hulle gepraat het nie, daarom het Ek ook nie na hulle geluister toe hulle na My geroep het nie.

14. Soos ’n warrelwind goed rondwaai, het Ek hulle laat rondwaai en uitmekaar laat spat na al die nasies toe. Daar het hulle soos vreemdelinge gebly. Hulle eie land was so verwoes en sonder enige mense dat niemand eens meer daarnatoe wou kom nie. ’n Land wat eers so mooi was, het nou ’n plek geword waar niemand kan of wil bly nie.”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 7