Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 7:6-11 Die Boodskap (DB)

6. Op julle feeste eet en drink julle, maar julle doen dit net vir julle eie plesier.

7. Daar is mos nou niks meer nuut om daaroor te sê nie. Dit is mos dieselfde ou boodskap wat Ek lank gelede reeds vir die profete gegee het. Dit was die tyd toe daar nog baie mense in Jerusalem en in die ander stede van Juda gebly het. Toe het dit nog baie goed met almal gegaan. Mense het selfs nog in die suide van die land en op die vlaktes gebly.”

8. Die Here het weer vir Sagaria gebruik om met die volk te praat. Sagaria het vir hulle gesê:

9. Die Here is sterker as alles en almal! Hy sê: “In hofsake moet julle eerlik en regverdig met mense wees. Wees lief vir mekaar en werk mooi met mekaar.

10. Moenie weduwees en kinders sonder ’n ma en pa sleg behandel nie. Julle moet natuurlik ook nie mense wat nie van Israel af kom nie en arm mense sleg behandel nie. Moenie planne maak om mekaar kwaad aan te doen nie.”

11. Julle voorouers wou nie na die Here luister nie. Hulle het gemaak of hulle nie hoor wat die Here sê nie.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 7