Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 7:1-2 Die Boodskap (DB)

1. Jerubbaäl, dit is nou Gideon, en sy soldate het een oggend vroeg opgestaan en tot by die fontein van Garod getrek, waar hulle kamp opgeslaan het. Die Midianiete se kamp was net noord daarvandaan in die vallei naby die koppie met die naam Moreh.

2. Toe sê die Here vir Gideon: “Jy het te veel soldate by jou. As Ek jou toelaat om met so baie soldate teen die Midianiete te veg, sal die Israeliete later spog dat hulle sterk genoeg was om op hulle eie die oorwinning te behaal.

Lees volledige hoofstuk Rigters 7