Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 5:8-21 Die Boodskap (DB)

8. Vroeër, toe die volk nuwe gode gekies het om te dien, het daar oorlog uitgebreek. Maar nie een van die volk se 40 000 soldate het wapens gegryp om te veg nie.

9. “Nou skaar ek my aan die kant van die ware leiers van Israel en by dié wat vrywillig kom help veg het.Loof die Here!

10. Julle wat op wit donkies ry met mooi saalkleedjies,en julle wat te voet loop,julle moet praat oor God se oorwinning!

11. “Luister! Die raserige skare by die fonteinevertel van die Here se oorwinnings,hulle praat oor die oorwinnings van sy volk!“Die volk van die Here kom bymekaar by die dorpshekke,hulle sing:

12. ‘Kom, Debora, kom,kom sing ’n lied, kom!Maak gereed, Barak seun van Abinoam,vat jou krygsgevangenes weg.’

13. “Die mense uit die volk wat getrou gebly het aan Godhet na hulle leiers toe gekom.Die volk van die Here het na my toe gekom, gereed om te veg.

14. Party het gekom uit Efraim, selfs ver uit Amalek uit.Ook Benjamin met sy mense was daar.Die leiers het uit Makir gekom,en die offisiere uit Sebulon.

15. Die leiers van Issaskar het saam met Debora gekom,ja, Issaskar het gekom en Barak ook,en hulle het hom die vallei in gevolg.“Maar die stam van Ruben was verdeeld,hulle kon nie besluit wat om te doen nie.

16. Hoekom het jy by die kampvuur bly sit,bly luister na die wagters wat hulle veetroppe roep?Ja, die stam van Ruben was verdeeld,hulle kon nie besluit wat om te doen nie.

17. Gilead het aan die oostekant van die Jordaanrivier gebly,en waarom het Dan by die huis gebly?Aser het langs die kus bly sit,hom nie verroer uit hulle hawestad nie.

18. Maar Sebulon was bereid om lewens te waag in die stryd. Naftali het die dood op die berge in die oë gekyk.

19. “Die konings van Kanaän het gekom,hulle het by Taänak en die fonteine van Megiddo oorlog gemaak,maar hulle het nie oorlogsbuit saam met hulle teruggevat nie.

20. Die sterre van die hemel het ook geveg; soos hulle deur die hemel beweeg,het hulle teen Sisera geveg.

21. Die Kisonrivier, die eeue oue Kisonrivier,het die vyand meegesleur.“Moenie bang wees nie! Wees sterk!

Lees volledige hoofstuk Rigters 5