Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 5:14-31 Die Boodskap (DB)

14. Party het gekom uit Efraim, selfs ver uit Amalek uit.Ook Benjamin met sy mense was daar.Die leiers het uit Makir gekom,en die offisiere uit Sebulon.

15. Die leiers van Issaskar het saam met Debora gekom,ja, Issaskar het gekom en Barak ook,en hulle het hom die vallei in gevolg.“Maar die stam van Ruben was verdeeld,hulle kon nie besluit wat om te doen nie.

16. Hoekom het jy by die kampvuur bly sit,bly luister na die wagters wat hulle veetroppe roep?Ja, die stam van Ruben was verdeeld,hulle kon nie besluit wat om te doen nie.

17. Gilead het aan die oostekant van die Jordaanrivier gebly,en waarom het Dan by die huis gebly?Aser het langs die kus bly sit,hom nie verroer uit hulle hawestad nie.

18. Maar Sebulon was bereid om lewens te waag in die stryd. Naftali het die dood op die berge in die oë gekyk.

19. “Die konings van Kanaän het gekom,hulle het by Taänak en die fonteine van Megiddo oorlog gemaak,maar hulle het nie oorlogsbuit saam met hulle teruggevat nie.

20. Die sterre van die hemel het ook geveg; soos hulle deur die hemel beweeg,het hulle teen Sisera geveg.

21. Die Kisonrivier, die eeue oue Kisonrivier,het die vyand meegesleur.“Moenie bang wees nie! Wees sterk!

22. “Toe het die perde die aarde laat dreun soos hulle aangestorm kom.

23. ‘Vervloek die mense van Meros,’ het die Engel van die Here gesê,‘ja, vervloek hulle sonder om hulle jammer te kry,want hulle het nie vir die Here kom veg nie.’

24. “Gelukkig is Jael. Sy is Geber die Keniet se vrou,sy is gelukkiger as al die ander vroue wat in tente woon.

25. Sisera het water gevra, sy het vir hom melk gegee;heerlike dikmelk in ’n pragtige beker.

26. Toe het sy met haar linkerhand ’n tentpen gevaten met haar regterhand ’n hamer.Sy het vir Sisera daarmee geslaan,sy kop inmekaargeslaan,sy het die tentpen reg deur sy slape geslaan.

27. Hy het voor haar voete inmekaargesak en net daar bly lê.Morsdood!

28. “Sisera se ma het deur die venster bly kyk,sy het by die vensterraam bly staan en vra:‘Waarom kom sy strydwa dan nie aan nie,hoekom hoor ek nie die geluid van sy strydwa se wiele nie?’

29. “Haar slimste raadgeefsters het haar geantwoord en sy het die woorde vir haarself bly herhaal:

30. Hulle het ’n groot buit in die hande gekry, en hulle is besig om dit te verdeel:’n meisie of twee vir elke soldaat,pragtige klere vir Sisera,pragtige gekleurde weefwerken doeke vir my om te dra,dit is die buit.

31. “Mag al u vyande so doodgaan, Here,maar mag dié wat U liefhet, wees soos die sonwat opkom en met sy volle glorie oor die aarde skyn.”Hierna was daar 40 jaar lank vrede in die land.

Lees volledige hoofstuk Rigters 5