Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 5:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Op daardie dag het Debora en Barak seun van Abinoam hierdie lied gesing:

2. “Toe Israel se leiers voorloop, het die volk hulle vrywillig en met blydskap gevolg.Prys die Here!

3. Luister, konings!Hoor mooi, regeerders!Ek sing tot eer van die Here,ek eer die Here, die God van die Israeliete, met my lied.

4. Here, toe U van die berge in Seïr af gekom heten oor die vlaktes van Edom opgetrek het,het die aarde gebewe onder u groot kragen die hemel het reën gegee.Die water het in strome uit die wolke geloop.

5. Die berge het gesmelt van vrees voor die Here van Sinai,voor die Here, die God van Israel.

6. “In Samgar seun van Anat en in Jael se tyd het mense die hoofpaaie vermy,toe het reisigers eerder ompaaie gebruik.

7. Die stede in Israel het leeggestaan, sonder inwoners,totdat Debora as ’n moeder vir Israel op die toneel verskyn het.

Lees volledige hoofstuk Rigters 5