Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 3:19-25 Die Boodskap (DB)

19. Hy het by die klipbeelde naby Gilgal omgedraai. Toe is hy terug na koning Eglon toe. Ehud sê toe vir hom: “U Majesteit, ek het ’n geheime boodskap net vir u!”Hierop het die koning vir sy amptenare gesê: “Stilte. Ons wil alleen wees!” en hulle is toe daar uit.

20. Ehud het toe nader aan die koning gestap waar hy alleen in sy koel bovertrek gesit het, en vir hom gesê: “Ek het ’n boodskap van God af vir u.” Die koning het dadelik van sy troon af opgestaan

21. en Ehud het met sy linkerhand die swaard, wat hy aan sy regterkant onder sy klere weggesteek het, uitgetrek en Eglon in sy maag gesteek.

22. Die hele swaard, hef en al, het in die koning se maag ingegaan sodat die vet daaroor gepeul het. Die swaard het vasgesit en Ehud het dit net so in die koning gelos.

23. Hy het die deure van die bovertrek toegemaak en gesluit. Daarna is hy met ’n ander uitgang daar uit.

24. Na ’n ruk het Eglon se amptenare teruggekom. Toe hulle voel die deure is gesluit, het hulle gedink die koning is in die badkamer.

25. Hulle het geduldig gewag, maar toe die koning te lank na hulle sin vat, het hulle bekommerd geraak, ’n sleutel gaan haal en die deur oopgesluit, net om die koning dood op die vloer aan te tref.

Lees volledige hoofstuk Rigters 3