Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 19:26-30 Die Boodskap (DB)

26. Dit was nog skemer toe die vrou by die huis aangekom het waarin haar man was. Sy het voor die deur inmekaargesak en daar bly lê tot sonop.

27. Toe die man later by die deur wou uitgaan om verder te reis kry hy sy byvrou waar sy voor die deur lê met haar hande na die deur toe uitgestrek.

28. Hy sê toe vir haar: “Staan op dat ons kan gaan,” maar sy het hom nie geantwoord nie, sy was reeds dood. Hy het haar liggaam opgetel en op die donkie gesit, en huis toe gegaan.

29. By die huis aangekom, het hy ’n mes gevat en haar liggaam in twaalf stukke opgesny. Hy het vir elke stam van Israel ’n stuk gestuur.

30. Elkeen wat dit gesien het, het gesê: “So iets het ons nog nooit beleef nie. Nog nie sedert Israel uit Egipte weggetrek het, het iemand al ooit so ’n ding gedoen nie. Ons sal ’n plan moet maak, iets moet hieraan gedoen word!”

Lees volledige hoofstuk Rigters 19