Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 7:2-8 Die Boodskap (DB)

2. Here, U is my God. Ek skuil by U!Red my van almal wat my wil seermaak.Hou hulle ver van my af weg!

3. Hulle is net soos honger leeus wat rondkyk om iets te kry wat hulle kan opeet.Help my, want daar is niemand anders wat dit kan doen nie.

4. Here, my God, as ek dinge gedoen het wat nie reg is in u oë nie, wys dit tog vir my!

5. As ek mense wat my wou help, of mense wat teen my was, sleg behandel het, kan hulle my maar in die grond in trap.Dan kan hulle my maar slegsê.

6. Mag my vyand my dan in die hande kry, en my bykom en verneder.

7. Staan asseblief op, Here! Gryp tog in!Word ’n slag kwaad vir daardie spul wat so vol woede teen my baklei.Pas my op. U wil mos hê dat mense reg behandel word.

8. Laat al die mense in die wêreld in ’n kring gaan sit. Dan gaan sit U op u troon in die hemel, daar van waar U die wêreld beheer.U is die sterkste, U heers oor almal.

Lees volledige hoofstuk Psalms 7