Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 7:10-18 Die Boodskap (DB)

10. Maak ’n einde aan slegte mense se planne wat weier om na U te luister. Maar help hulle wat U liefhet, o God.U weet mos of mense reg leef en of hulle vertrou kan word. U tree altyd regverdig op.

11. U beskerm my, want U help almal wat reg voor U leef.

12. God is ’n eerlike regter. Hy neem altyd die regte besluite.U word kwaad vir mense wat verkeerde dinge doen. As iemand nie sy sondes laat staan en doen wat U wil hê nie, straf U hom.

13. Dan is U soos ’n jagter wat u swaard skerp maak en pyl en boog span om die slagoffer te skiet.

14. U sit dodelike gif aan u pyl om u prooi te skiet. Almal wat skuldig is, doen dinge waarvan U niks hou nie.

15. Hulle doen aanmekaar kwaad en bedrieg ander.Met hulle gebeur presies wat die spreekwoord sê:

16. Grawe ’n gat vir ander, dan val jy self daarin.

17. Deur hulle eie geknoei kom hulle tot ’n val.Die gewelddadige dinge wat hulle vir ander beplan, gebeur met hulleself.

18. Ek sal die Here prys omdat Hy regverdig teenoor alle mense is!Ek sal liedere sing om die allerhoogste Here se Naam te loof!

Lees volledige hoofstuk Psalms 7