Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 51:4-13 Die Boodskap (DB)

4. Delg die skuld van my sondes uit.Maak my skoon omdat my sondes my vuilgesmeer het.

5. Ek weet dat ek groot foute in u oë gemaak het.Ek kan nie ophou om daaraan te dink nie. My gewete pla my aanmekaar.

6. Ek was baie ongehoorsaam aan U, en dit teenoor U alleen.Maar U sal reg optree as U oor my lewe moet besluit.U sal nie die verkeerde ding doen nie.

7. Vandat ’n mens die dag gebore word, ja, vandat jou ma begin verwag, is verkeerde dinge deel van jou lewe.Ek sien dit in my eie lewe.Vandat my ma my in die wêreld gebring het, dryf iets my om ongehoorsaam aan die Here te wees.

8. U wil hê ’n mens moet altyd eerlik en opreg wees, Here.Ek wil bitter graag weet wat U van my verwag. Hoe wil U hê moet ek lewe?

9. Vat asseblief al die verkeerde dinge wat ek gedoen het ver van my af weg, Here.Kyk op ’n splinternuwe manier na my.Sien my weer as iemand wat niks verkeerds gedoen het nie.My lewe moet so skoon wees soos die witste wol.

10. Help my om weer opgewonde en bly te wees.Help my om te jubel van vreugde, al het U my swaar gestraf.

11. Moet nooit weer dink aan die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie. Vat alles weg uit my lewe wat nie reg is in u oë nie.

12. Maak my opreg, God!Maak my van kop tot tone nuut sodat ek kan vasstaan. Moet my nie van U af wegstoot nie.

13. Jaag my nooit voor U weg nie. Laat u Goddelike krag ook nie van my af weggaan nie.U krag sorg dat ek doen wat U vra.

Lees volledige hoofstuk Psalms 51