Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 51:3-12 Die Boodskap (DB)

3. God, wees my genadig. U het tog u kinders baie lief.Vergewe my al my sonde omdat U u kinders oorlaai met arms vol liefde.Vat my verkeerde dade baie ver van my af weg.

4. Delg die skuld van my sondes uit.Maak my skoon omdat my sondes my vuilgesmeer het.

5. Ek weet dat ek groot foute in u oë gemaak het.Ek kan nie ophou om daaraan te dink nie. My gewete pla my aanmekaar.

6. Ek was baie ongehoorsaam aan U, en dit teenoor U alleen.Maar U sal reg optree as U oor my lewe moet besluit.U sal nie die verkeerde ding doen nie.

7. Vandat ’n mens die dag gebore word, ja, vandat jou ma begin verwag, is verkeerde dinge deel van jou lewe.Ek sien dit in my eie lewe.Vandat my ma my in die wêreld gebring het, dryf iets my om ongehoorsaam aan die Here te wees.

8. U wil hê ’n mens moet altyd eerlik en opreg wees, Here.Ek wil bitter graag weet wat U van my verwag. Hoe wil U hê moet ek lewe?

9. Vat asseblief al die verkeerde dinge wat ek gedoen het ver van my af weg, Here.Kyk op ’n splinternuwe manier na my.Sien my weer as iemand wat niks verkeerds gedoen het nie.My lewe moet so skoon wees soos die witste wol.

10. Help my om weer opgewonde en bly te wees.Help my om te jubel van vreugde, al het U my swaar gestraf.

11. Moet nooit weer dink aan die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie. Vat alles weg uit my lewe wat nie reg is in u oë nie.

12. Maak my opreg, God!Maak my van kop tot tone nuut sodat ek kan vasstaan. Moet my nie van U af wegstoot nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 51