Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 50:14-18 Die Boodskap (DB)

14. Wat Ek wel wil hê, is dat jy met jou lewe vir My dankie moet sê.Gee en doen vir My, die Allerhoogste, wat jy belowe het.

15. As jy probleme het, roep My om te help en Ek sal jou help. En jy moet vir My dankie sê.”

16. Vir die slegte mens sê God: “Hoekom praat jy nog oor die wil van die Here asof dit vir jou saak maak?Hoekom maak jy asof ons met mekaar ’n ooreenkoms het?

17. Jy wil nie luister wat Ek jou leer nie. Jy doen ook nie wat Ek vra nie.

18. Jy is tuis tussen diewe en mense wat niks van die huwelik dink nie. Jy maak nes hulle.

Lees volledige hoofstuk Psalms 50