Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 50:11-20 Die Boodskap (DB)

11. Die voëls wat vlieg en die diertjies wat in die veld kruip, is almal Myne.

12. Sê nou Ek is honger, sou Ek vir jou kos vra?Nee, want alles in die wêreld behoort aan My.

13. Ek het nie jou bokke of beeste nodig nie. Ek benodig nie hulle vleis en hulle bloed nie.

14. Wat Ek wel wil hê, is dat jy met jou lewe vir My dankie moet sê.Gee en doen vir My, die Allerhoogste, wat jy belowe het.

15. As jy probleme het, roep My om te help en Ek sal jou help. En jy moet vir My dankie sê.”

16. Vir die slegte mens sê God: “Hoekom praat jy nog oor die wil van die Here asof dit vir jou saak maak?Hoekom maak jy asof ons met mekaar ’n ooreenkoms het?

17. Jy wil nie luister wat Ek jou leer nie. Jy doen ook nie wat Ek vra nie.

18. Jy is tuis tussen diewe en mense wat niks van die huwelik dink nie. Jy maak nes hulle.

19. As jy jou mond oopmaak, lieg en bedrieg en skinder jy;

20. jy gee nie eens om of dit jou eie broer is wat jy so behandel nie. Jy smeer hom swart.

Lees volledige hoofstuk Psalms 50